Die minister van Polisie, Bheki Cele, sê Operasie Shanela het die polisie gehelp om grond te wen en ‘n afname in misdade gedurende Julie en September te sien. Cele het gister tydens ‘n media-inligtingsessie die misdaadstatistieke van die tweede kwartaal bekend gemaak. Volgens die minister het veediefstalmisdade met vyf-komma-vyf persent afgeneem en motordiefstal het met drie-komma-vyf persent gedaal. Cele het ook onthul dat eiendomsverwante misdade met vier-komma-een persent gedaal het, maar hy merk op dat huisrooftogte steeds aan die toeneem is. Cele sê die daling in hierdie misdade is bemoedigend.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×