Die minister van Vervoer, Sindisiwe Chikunga, verwelkom president Cyril Ramaphosa se ondertekening van die Wetsontwerp op die Ekonomiese Regulering van Vervoer. Die
wetsontwerp het ten doel om die ekonomiese regulering van die verskillende vervoersektore in een raamwerk te verenig.

Dit vestig die Vervoer Ekonomiese Reguleerder en die Vervoer Ekonomiese Raad om toesig te hou oor pryse, nakoming af te dwing en ‘n mededingende vervoerbedryf te bevorder. Die minister se woordvoerder, Collen Msibi, sê die wetsontwerp sal sakekoste verlaag en ekonomiese groei ’n hupstoot gee.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×