Daar is nog twee van die 27 pasiënte in die Bloemfonteinse Pelonomi-hospitaal ná die berugte N6-ongeluk.
Luidens ’n kennisgewing van die Vrystaatse Departement van Gesondheid beplan Suid-Afrika se minister van Vervoer, Barbara Creecy, om Maandag die oorblywende twee pasiënte in die trauma-afdeling van die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein te besoek.
Rosestad-nuus het vroeër berig oor ’n botsing op die N6 wat 10 lewens geëis en 27 mense beseer het.
LEES MEER: Twintig beseerdes ontslaan na N6 ongeluk
Vrydag was 20 mense reeds ontslaan, met sewe pasiënte wat nog behandeling nodig gehad het.
1 Comment
Comments are closed.