Leeutelers het tussen 18 maande en twee jaar tyd om van hul geblikte leeus ontslae te raak sodat die bedryf gesluit kan word. So het Barbara Creecy, minister van omgewingsake gister gesê toe sy ‘n ministeriële verslag oor die uitfasering van die omstrede en wrede bedryf bekend gestel het.

Creecy het aan Netwerk 24 gesê as die leeuboere haar nie gaan hof toe sleep nie, behoort die geblikte-leeubedryf in 2026 iets van die verlede te wees. Creecy het leeuboere aangemoedig om leeus wat nou in hul besit is, te steriliseer sodat die bedryf nie kan groei nie. Sy het leeuboere ook gevra om opgepotte leeubene, bedoel vir die Oosterse mark, aan die regering te oorhandig sodat dit verbrand kan word. Dr Louise de Waal van Blood Lions, het gesê ‘n land pad lê nog voor maar hierdie verslag is die begin van die einde van die bedryf. Daar is tussen agt- en tienduisend plaasleeus op 348 teelplase.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×