Pluimveeprodukte mag nou ingevoer word om voldoende voorraad vir die feesseisoen te verseker. Dit is volgens die minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza. Dit volg op die uitbreking van hoogs aansteeklike voëlgriep in verskeie dele van die land. Die minister se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê ‘n aantal permitte is reeds toegestaan.