Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê hy is bang dat Transnet die volgende Eskom gaan word. Godongwana het gister met ekonome in Kaapstad gepraat.
Hy sê hy is bekommerd dat voortdurende probleme in die vervoerlogistieke sektor die land se groei verder sal wurg. Godongwana het bygevoeg dat die elektrisiteit- en logistieke sektore oopgestel moet word vir private vennootskappe om die probleme te help verlig.