Die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, moet antwoorde gee op die parlementêre vraag oor die omvang van smokkelgoedere in tronke.

Maroela Media berig dat in die afgelope 12 maande byna ‘n ton dwelmmiddels gekonfiskeer is, asook meer as 41 000 selfone,  11 000 wapens, meer as 250 liter alkohol en R200 000 kontant.

Kommer spruit ook uit die moontlike redes waarom amptelike uniforms by gevangenisse gevind is.

Die DA se adjunk-woordvoerder, Kabelo Kgobisa-Ngcaba, beweer dat die tronke tans ‘n brandpunt is vir onwettige aktiwiteite in plaas van ‘n rehabilitasiesentrum.

Dit word ook beweer dat gewelddadige misdade soos die massaskietery in Lusikisiki vanuit tronke gereël word.

Sy voer aan dat die hoeveelheid smokkelgoedere in korrektiewe sentra dui dat baie meer beamptes betrokke is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×