Die paroolstelsel in Suid-Afrika moet hersien word volgens Pieter Groenewald, die minister van korrektiewe dienste.
Die kwessie is aangespreek nadat sy departement voor die parlement se Portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste verskyn het om oor die paroolstelsel verslag te doen.
Groenewald meen die kriminele wat aansoek doen vir parool se slagoffers moet ook ʼn inset lewer en mense uit die gemeenskap moet in paroolrade dien.
Hy sê hy sal ook graag wil sien dat kundiges soos regsgeleerdes, maatskaplike werkers, lede van godsdiensgroepe en ook amptenare van die Departement van Korrektiewe Dienste in die rade dien.