Die minister van kommunikasie en digitale tegnologie, Mondli Gungubele, hou vol dat álle Sassa-begunstigdes wel hul geld ontvang het.

Rosestad-nuus het op 6 September berig ‘n landwye stelselfout by Posbank – of tegniese uitdagings, soos die Posbank dit noem – het mense wat vir oorlewing van ‘n Sassa-toelaag afhanklik is, met leë hande van handelaars en kitsbanke weg moes stap.

Gungubele het gister teen die media uitgevaar oor beriggewing dat die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid steeds nie alle begunstigdes se toelae uitbetaal het nie.

Hy het gesê die media moet bewys dat honderde begunstigdes steeds nie hul geld ontvang het nie.

Volgens hom is die regering daartoe verbind om die welstand van élke begunstigde te verseker.

error: Inhoud is beskerm !!