Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, gaan na Frankryk reis om die Springbokke te ondersteun. Die Bokke speel môreaand om nege-uur in ‘n Rugby Wêreldbeker-halfeindstryd teen Engeland. Minister Kodwa sê die verdedigende Wêreldbeker-kampioene het Suid-Afrikaners en die wêreld se rugbymal mense bekoor. Hy het bygevoeg dat dit weer duidelik was nadat die span die Wêreldbeker-gasheer Frankryk in ‘n onvergeetlike kwarteindstryd geklop het. Die minister se woordvoerder, Litha Mpondwana, sê daar is ook ‘n noemenswaardige teenwoordigheid Suid-Afrikaners in Frankryk wat die Springbokke ondersteun. Mpondwana sê dit wys Suid-Afrika se diversiteit en die nasionale eenheid wat die span inspireer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×