Die minister van justisie, Ronald Lamola moet besluit oor die lot van agt Nigeriërs wat in Kaapstad as vermeende lede van die internasionale midaadsindikaat, Black Axe, aan Amerika uitgelewer kan word.
Netwerk 24 berig dit volg nadat die hof beslis het dat sewe van die beskuldigdes aan die vereistes van uitlewering voldoen. Die groep mans is in 2021 op versoek van die Amerikaanse owerhede in verskeie klopjagte in Kaapstad in hegtenis geneem. Amerika beskuldig hulle daarvan dat hulle lede is van ‘n internasionale internet-liefdes-slenter wat honderde weduwees en geskeide vroue deur aanlyn bedrog geteiken het en uit bykans sewe-miljoen-dollar bedrieg het.
Van die beskuldigdes is onwettig in Suid-Afrika. Hulle staan ook in Suid-Afrika tereg op verskeie klagtes van geldwassery, bedrog en sameswering om aanlyn bedrog te pleeg.