Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, word gedruk om die Suid-Afrikaanse diplomaat David Nkosi af te dank.
Volgens Newskoop spruit die druk uit Nkosi se beweerde skade aan internasionale huureiendom in Indië en Oostenryk tydens sy pos daar.
Die skade het die departement ongeveer 800-duisend rand gekos.
Die DA het ʼn beroep op Lamola gedoen om Nkosi af te dank en die geld terug te kry.
Die party se Ryan Smith is ook teen die plasing van Nkosi as die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Jordanië.
LUISTER HIER: