Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Lindiwe Zulu, het gesê die regering is bewus van sy mislukkings. Zulu het ‘n debat in die Nasionale Raad van Provinsies oor die toenemende lewenskoste in die land toegespreek. Zulu het gesê sy sal alles in haar vermoë doen om die armoedetoelaag van R350 te verleng en uit te brei. Zulu het gesê dis ‘n verleentheid dat Solly Msimanga, DA-leier in Gauteng, beweer mense is nou in ‘n erger posisie as wat hulle onder apartheid was. Sy het gesê baie mense in die regering het nie die nodige ondervinding gehad om te regeer toe die demokratiese regering in 1994 oorgeneem het nie. Sy het opposisiepartye gekritiseer omdat hulle nie erkenning gee aan die huidige regeringsprogramme wat bedoel is om Suid-Afrikaners te help nie.