Die Minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het voorgestel dat watertenk-mafia’s se sabotasie van watervoorsieningsisteme hanteer moet word deur waterinfrastruktuur in strategiese areas as nasionale sleutelgebiede te verklaar.

News24 berig Majodina het dié verklaring gemaak tydens haar antwoord op vrae in die Nasionale Vergadering, waar sy erken het dat daar ‘n groot mate van korrupsie is in watermaatskappye en die watertenkbedryf.

Sy het gesê byna 40 sake is na die polisie, insluitend die valke, verwys, waarvan drie afgehandel is, dertien steeds onder ondersoek is.

Majodina het gesê die departement sal voortgaan om op te tree teen die korrupsie en die misbruik van watervoorsiening om die krisis aan te spreek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×