Dit is goeie nuus vir motoriste, dat Gwede Mantashe ‘n kort rukkie gelede as die nuwe minister van minerale- en petroleumhulpbronne ingehuldig is. Daar heers vandag verwarring by die land se vulstasies, aangesien die verwagte brandstofprysdaling nie om middernag in werking getree het nie.

Die brandstofprys word op die eerste Woensdag van elke maand aangepas, nadat dit deur die betrokke minister afgeteken is. Met die kabinet wat eers Sondag aangekondig is, kon Mantashe nie betyds ingehuldig word om Julie se brandstofpryse af te teken nie. Soos voorheen berig, sal die prys van 93-oktaan petrol met R1,05 per liter daal, terwyl 95-oktaan met 99 sent daal. Diesel sal met tussen 24 en 30 sent per liter daal .

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×