Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, sê die aantal onwettige vuurwapens op die strate van Suid-Afrika skiet die hoogte in. Mchunu het dié opmerking gemaak ná die massamoord op 17 mense gisteroggend in Lusikisiki in die Oos-Kaap. Die familielede is in hul huise in Ngobozana doodgeskiet. Mchunu het gister aan die media gesê ‘n toegewyde eenheid het inligting rakende onwettige vuurwapens opgevolg.