Die minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, gaan vandag die druppelverslae oor drinkwaterkwaliteit, voorsiening en afvalwaterbestuur in die land uitreik. Die Blou-, Groen- en Geen Druppel-sertifiseringsprogramme is die departement se aansporingsgebaseerde reguleringsmeganismes om munisipale drinkwatergehalte, waterbesparing en vraagbestuur te verbeter. Die verslae skets die prestasie van munisipaliteite in die verskaffing van water- en sanitasiedienste en die ingrypings wat in plek is om regulasies te versterk en ondersteuning aan sukkelende munisipaliteite te bied. Minister Mchunu sê hulle sal ook waterdienste-owerhede erken wat goed presteer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×