Die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het bekendgemaak dat 76-komma-vier persent van 2021 se matrieks hul finale eksamen geslaag het. Die slaagsyfer is effens beter as verlede jaar se 76,2%. ‘n Rekord 537-duisend-587 leerlinge het die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen afgelê. Die minister sê net meer as 256-duisend leerlinge het universiteitstoelating ontvang, 21-komma-4 persent meer as in 2020. Motshekga het die nasionale matriekresultate bekend gemaak by die SAUK se kantore in Auckland Park in Johannesburg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×