Die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, sê die uitlek van Nasionale Senior Sertifikaat-vraestelle is ‘n groot bekommernis, maar veiligheidsmaatreëls is in plek om die sektor te beskerm. Volgens Motshekga oudit die departement provinsies wat vraestelle stoor en versprei. Lekkasies vind egter tussen provinsies plaas namate die vraestelle by skole afgelewer word. Meer as 700-duisend kandidate het vir vanjaar se eindeksamen geregistreer wat aan die einde van hierdie maand tot in Desember geskryf sal word. Minister Motshega sê as probleme plaasvind, sal ondersoeke begin word om die bron van ‘n uitlek te bepaal en wat die uitgelekte materiaal is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×