“Te Koop” – Dít is die status van 18 spog-eiendomme regoor die wêreld, wat aan die Suid-Afrikaanse regering behoort, en waarin diplomate tans gehuisves word.
Minister van internasionale betrekkinge en samewerkende regering, Naledi Pandor, het gister die portefeuljekomitee oor internasionale betrekkinge op hoogte gebring van haar departement se planne met die land se diplomatieke eiendomsportefeulje.
Pandor het gesê die hoop is ‘n opbrengs van meer as ‘n half miljard rand uit die verkooptransaksies. die eiendomme is in Namibië, Duitsland,
Switserland, Portugal, Malawi, Uruguay, Italië en Frankryk.