Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, weier glo om die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge, of die FAK, se petisieskrif oor die voorgestelde naamsverandering van die Afrikaanse Taalmonument en -museum in ontvangs te neem. Maroela Media berig die minister ontken nou glo boonop dat hy ooit gesê het die monument se naam moet verander. Die FAK het gesê hy het met die minister se kantoor in verbinding getree om die betrokke petisie, waarin meer as dertig-duisend mense Mthethwa tot verantwoording roep, te oorhandig. Die minister se kantoor weier egter glo om op hierdie versoek te reageer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×