Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, sê Suid-Afrikaners kan voortgaan om SAUK-radio- en televisiedienste te geniet.

Malatsi beweer ongeveer drie miljoen burgers het die gevaar geloop om toegang tot hierdie dienste te verloor.

Dit is omdat die seinverspreider, Sentech, beplan het om die openbare uitsaaier se senders af te sluit weens sy versuim om vir die dienste te betaal.

Malatsi sê hy het met albei entiteite vergader, en Sentech het ingestem om nie die senders vir die volgende twee maande af te skakel nie.

Hy sê sy departement sal met die Nasionale Tesourie saamwerk om te verseker dat ‘n gedeelte van die SAUK-toelae gebruik kan word om Sentech te betaal.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×