Die minister van Indiensneming en Arbeid, Thulas Nxesi, sê sy departement wil nie bespiegel oor die oorsaak van ‘n dodelike gebou-ineenstorting wat vroeër vandeesweek in George in die Wes-Kaap plaasgevind het nie. Nxesi het die terrein van die ineengestorte gebou besoek. Hy het onthul dat sy departement sal wag totdat alle ondersoeke afgehandel is voordat verdere stappe geneem word. Nxesi sê die ongeluk sal al die nodige aandag geniet. Intussen sê Die burgemeester van die George-munisipaliteit in die Wes-Kaap, Leon van Wyk, sê die departement van Indiensneming en Arbeid het die ontwikkelaar van ‘n gebou wat Maandag ineengestort het, gedagvaar om met die departement in verbinding te tree.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×