Die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, het die raad van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, of Nsfas, met onmiddellike effek ontbind. Nzimande het Nsfas ook onder administrasie geplaas.
Nzimande se optrede volg na die bedanking van die raad se voorsitter, Ernest Khosa. Die Departement van Hoër Onderwys sê die Nsfas-direksie is ontbind om die agentskap se doeltreffendheid te verbeter. Nzimande sal na verwagting Sondag tydens ‘n mediakonferensie verduidelik wat tot sy besluit gelei het.