Die minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovasie, dokter Blade Nzimande, het gesê Suid-Afrika se oorgang na hernubare energie sal na verwagting tot die verlies van sowat 300-duisend werksgeleenthede lei. Nzimande het die afgevaardigdes gister by die Tokyo GX Week Ministeriële Plenêre Sitting in Japan toegespreek. Volgens die minister word werksverliese in hoë-emissiebedrywe soos steenkool- en petroleumproduksie verwag. Fossielbrandstof maak sowat 92% van Suid-Afrika se energie samestelling uit, met steenkool wat die grootste gedeelte is. Nzimande het gesê egter die oorgang sal na verwagting ook teen 2050 meer as 800-duisend nuwe werksgeleenthede skep. Hy het bygevoeg dit sal meestal in mynbouverwante bedrywe wees, wat deurslaggewend sal wees in die vervaardiging van skoner energiebronne.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×