Die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, sê hy het besluit om die raad van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, of Nsfas, te ontbind weens die versuim om studente-uitdagings aan te spreek. Nzimande het die media gistermiddag ingelig ná ‘n week van veranderinge by die befondsing skema.

Die minister het die Nsfas-direksie verlede week Donderdag met onmiddellike effek ontbind, met die befondsing skema wat onder administrasie geplaas is. Nzimande sê die direksie het versuim om aanbevelings wat deur Werksman Prokureurs gemaak is, te implementeer, ná ‘n ondersoek na die aanstelling van vier diensverskaffers. Nzimande sê dat studente onder die afgedankte raad voor oneindige probleme te staan gekom het wat die betaling van toelaes betref.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×