Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, sê die regering het niks te doen gehad met 'n besluit oor David Teeger nie.

Hy is van die o.19-krieketkapteinskap gestroop ná kommentaar wat oënskynlik die Israeliese Weermag ondersteun het.

eNCA berig verder die geleentheid kan oorskadu word deur beplande betogings ná Krieket Suid-Afrika se besluit om Teeger van die spankapteinskap te ontneem.

Rosestad-nuus het vroeër berig Krieket Suid-Afrika sê hy is ten volle daartoe verbind om die veiligheid van alle spelers en toeskouers te verseker, ten tyde van die onder-19 Krieketwêreldbeker-toernooi wat vandag in Potchefstroom begin.

KSA meld daar is noue samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens, om ontwrigting te voorkom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×