Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, dr Naledi Pandor, sal hierdie week die Karibiese eiland, Jamaika en Amerika besoek. Die besoek sal van vandag tot volgende week Dinsdag plaasvind. Pandor sal betrokke raak by hoëvlak besprekings en konsultasies met verskeie belanghebbendes in albei lande.
Sy sal deelneem aan ‘n rondetafelgesprek met die US-Africa Business Centre, met lede van godsdiensorganisasies en lede van die Kongres. Sy sal in Jamaika die Minister van Buitelandse Sake en Handel, Kamina Smith Johnson, ontmoet en samesprekings voer. Pandor en Johnson sal mede-voorsitters wees van die Karibiese Gemeenskap en Gemeenskaplike Markvergadering van die Ministers van Buitelandse Sake.