Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor, is in Rusland om met haar ampsgenote in die Brics-groepering te vergader.

Die 16de Brics-beraad vind in Oktober in Rusland plaas nadat Suid-Afrika verlede jaar die gasheerland was.

Pandor sal onder andere bilaterale samesprekings met sommige van haar Brics-ampsgenote en ander vennootlande voer.

Dit is waarskynlik haar laaste buitelandse besoek as minister, aangesien haar naam nie op die ANC se lys van LP’s wat terugkeer na die Nasionale Vergadering verskyn nie.

Sy kan wel as minister aanbly as sy een van die ministers word wat nie ʼn LP is nie, of as die ANC daarin slaag om ʼn suksesvolle meerderheidsregering saam met ander partye kan vorm.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×