Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, doktor Naledi Pandor, sê die wêreld kan nie wegkyk terwyl miljoene Palestynse burgers in die Midde-Ooste ly nie. Pandor het afgevaardigdes toegespreek by ‘n konferensie wat deur die metaalwerkersvakbond Numsa aangebied is. Sy het gesê sy sal haar daarteen verset dat Israel waarnemerstatus by die Afrika-unie kry. Pandor het ook ‘n beroep op die boikot van goedere uit Israel gedoen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×