Die minister van Internasionale Betrekkinge, Naledi Pandor, sê dat Israeliese intelligensie haar probeer intimideer het ná Suid-Afrika se besluit om dié land vir volksmoord voor die Internasionale wêreldhof te laat verhoor.

Pandor sê sy is bekommerd oor die veiligheid van haar familie aangesien van die boodskappe wat op sosiale media geplaas is, melding maak van haar kinders. Sy het ook bevestig dat die minister van Polisie, Bheki Cele, haar sekuriteit moes opskerp. Pandor sê dat ten spyte van die persoonlike koste om Israel aan te vat, die regering die saak sal deursien.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×