Die minister van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, sê daar is drie ingrypings om vroue te bemagtig, maar toegang tot grond is ‘n prioriteit. Volgens die minister is vroue as minderwaardig behandel, wat nie in staat is om grond te besit nie.
Die minister sê die oordrag van grondrykdom en inkomende leervermoë aan georganiseerde vroue sal geprioritiseer word. Chikunga sê dit sal dringend geprioritiseer word aangesien 42-komma-twee persent van die land se vroue aan hoof staan van huishoudings.