Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het weer belowe dat daar minder beurtkrag gedurende hierdie feestyd sal wees. Beurtkrag het Vrydag teruggekeer na fase 6 en is gister na fase 4 en fase 3 verlaag. Ramokgopa het gesê meer opwekkingseenhede kom vandeesweek weer in diens, wat tot laer beurtkragfases sal lei. Die minister het gesê daar sal ook dae wees wanneer daar geen beurtkrag sal wees nie.