Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het gesê hy kan nie op sy eie verseker dat die land ‘n beurtkragvrye feestyd gaan hê nie. Ramokgopa het gister met werknemers by die Medupi-kragstasie in Limpopo gesels as deel van die Energie-aksieplan om beurtkrag in die land te beëindig. Hy het gesê hy kan nie belowe dat daar minder beurtkrag sal wees as kragstasies nie hul deel doen om te verseker dat eenhede aanlyn is nie. Ramokgopa versoek kragstasies om hom te help om beurtkrag tot ‘n einde te bring.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×