Sensus-data wat vandeesweek deur Statistieke Suid-Afrika uitgereik is, wys dat meer as vyf miljoen kinders van skoolgaande ouderdom, nie by formele skole ingeskryf is nie.
Dit is een van die redes waarom die voormalige leier van die DA, Mmusi Maimane se Build One South Africa-party, of Bosa, nou die minister van Basiese Onderwys se kop eis.
Volgens Bosa is minister Angie Motshekga en haar departement grootendeels vir dié onaanvaarbare situasie te blameer.
Bosa-woordvoerder, Roger Solomons, sê Motshekga is die afgelope 14 jaar reeds in die amp.
Die geleidelike verval van die land se onderwysstelsel het volgens Solomons, oor jare heen voor Motshekga oë ontvou.