Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Thembi Simelane, sê
samesprekings tussen die regering en besighede is aan die gang om ’n nuwe
onafhanklike digitale bewyseenheid op die been te bring. Simelane het vroeër die
media toegespreek oor aangeleenthede wat verband hou met die hofinfrastruktuur en die
Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se toegang tot die Staatskapingskommissie se
getuienis. Dit kom nadat ‘n verslag beweer dat die NVG vir meer as twee jaar geblokkeer
is om toegang tot belangrike data van die Staatskapingskommissie te kry. Minister
Simelane sê die kommissie het wetstoepassingsagentskappe met sy data onderhou lank
voordat dit afgehandel is en met onafhanklike ondersoeke saamgewerk.