Kriminele klagte is teen die minister van menslike nedersettings, Thembi Simelane, ingedien vir haar betrokkenheid by die Vitrovian-korrupsieskandaal.
Die DA het die klangte ingedien oor Simelane glo Eskom van R700-duisend bedrieg het terwyl sy vir Vitrovian gewerk het.
Sy het glo daaraan deelgeneem om pryse vir dienste wat aan Eskom gelewer is, op te stoot.
Die kragvoorsiener het Vitrovian as ‘n konsultasiefirma gebruik om betogings by die Kusile-kragstasie op te los.
Die party se Glynnis Breytenbach glo die polisie sal die waarheid ontdek en die verantwoordelikes sal aanspreeklik gehou word.
LUISTER: