Doktor Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai, is optimisties oor die aanstelling van John Steenhuisen, as minister van landbou. Hy sê die winsgewende volhoubaarheid van die landboubedryf, asook mededinging op indernasionale vlak, het beslis ‘n noue verwantantskap met ‘n landbouvriendelike beleidsomgewing. Aldus die agri-inisiatief heers daar hoop en optimisme sedert Steenhuisen in hierdie posisie aangestel is.

Volgens de Jager is daar nou die vooruitsig van ‘n departement wat doeltreffendheid funksioneer. Dit sal die kommersiële sy, asook planne vir inklusiwiteit in die landbousektor tot voordeel strek. Saai, is ‘n netwerk-organisasie vir die bevordering van landbou in Suider-Afrika.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×