Die DA-leier, minister John Steenhuisen, sê die regering van nasionale eenheid is steeds ongeskonde.
Dit volg nadat die DA en die ANC Vrydag hul jongste vergadering in Johannesburg gehou het om hul verskille te probeer uitstryk.
Die twee partye is sedert Februarie haaks oor die begroting, veral oor die BTW-verhoging-voorstel.
Steenhuisen sê hulle het ingestem om vorentoe te beweeg en om alternatiewe vir die BTW-verhoging-voorstel te vind.