Die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube sê sy wag nog vir ‘n antwoord van die Nasionale Tesourie oor hoe begrotingsbesnoeiings en infrastruktuurprobleme in die onderwyssektor hanteer moet word.

SABC-nuus berig Gwarube het die media toegespreek na haar besoek aan Gauteng as deel van ‘n sogenaamde “luister en leertoer” na al nege provinsies. Die besoek fokus op kritieke kwessies wat die onderwyssektor raak, insluitend oorvol klaskamers, veiligheid en infrastruktuurprobleme.

Gwarube sê wanneer hulle ‘n antwoord van die Tesourie ontvang het, sal hulle met die LUR’e vir Onderwys en Finansies van al nege provinsies vergader.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×