Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het die geldigheid van die Zimbabwiese vrystellingspermitte tot volgende jaar verleng. Schreiber het die verlenging Vrydag in die Staatskoerant aangekondig. Volgens die minister sal die verlenging tyd gee om met geaffekteerde permithouers te konsulteer. Die vorige sperdatum vir Zimbabwiese burgers om aansoek te doen vir ʼn nuwe eenjaarpermit, was Vrydag
