Die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het erken dat beurtkrag daartoe lei dat derduisende Suid-Afrikaners se menseregte geskend word.

Hy het nou ’n bygewerkte konsepplan vir die land se toekomstige energiebehoeftes goedgekeur. Dit sluit onder meer ‘n tydraamwerk in vir die uitskakeling van ouer steenkoolkragstasies.

Die konsepplan, is ná talle vertragings, eindelik deur die kabinet goedgekeur. Ramokgopa, het die afgelope naweek by ‘n inligtingsessie gesê, die minister van minerale bronne, Gwede Mantashe, sal die voorgestelde Geïntegreerde Hulpbronplan binnekort vir openbare kommentaar publiseer.

Ramokgopa sê dié strategiese plan is van uiterse belang, aangesien dit ook korttermyningrypings bevat, wat kan help om die huidige energietekort nou reeds te verbeter.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×