Minister Kgosientsho Ramokgopa, het Sondag aan die media gesê hoewel daar sedert Vrydag terugslae met beurtkrag was, is die einde van beurtkrag wél in sig.

Hy sê Suid-Afrikaners moenie kyk na wat hierdie naweek gebeur het nie, maar eerder na die oorhoofse situasie.

Hy sê daar was nog altyd ʼn risiko vir hoër fases van beurtkrag weens beplande instandhouding. Hy verstaan ook nie waarom hoër fases van beurtkrag – kort op die hakke van president Cyril Ramaphosa se staatsrede – skielik as ‘n verleentheid gesien word nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×