Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê hy is optimisties dat Eskom se Koeberg-kernkragstasie ’n langtermyn-bedryfslisensie sal kry.

Volgens die minister sal die verlenging van die lisensie vir nog 20 jaar ‘n langer lewensduur vir die aanleg verseker. Eskom het aansoek gedoen dat die lisensie verder as 21 Julie loop. Ramokgopa het die week ‘n oorsigbesoek aan die aanleg in Melkbosstrand buitekant Kaapstad gebring. Hy het aan eNCA gesê daar is sigbare vordering in die aanleg se instandhouding.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×