Dr Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit, sê die Noord-Kaap se hernubare energiebronne is die antwoord op beurtkrag in Suid-Afrika. Ramokgopa het Donderdag tydens die openinng van Scatec se sonkrag-en battery-aanleg buite Kenhardt, gesê dit is een van die grootste hibriede projekte ter wêreld met 540 MW-sonkragkapasiteit, 255 MW-batterye en 1,1 GWh bergingskapasiteit.

Die terrein strek oor 879 hektaar en beslaan 10 km van noord na suid. Martin Slabbert, woordvoerder van Scatec, het gesê sowat een-miljoen sonpanele is opgerig en 9-duisend km se kabel is gelê. Ramokgopa het gesê beurtkrag knou die ekonomie geweldig en werkloosheid is as gevolg daarvan die hoogste vlak nog.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×