Die minister van elektrisiteit, dr Kgosientsho Ramokgopa sê hy lag vir doemprofete wat beweer dat beurtkrag nou skielik tot ‘n einde is omdat die verkiesing om die draai is. Ramokgopa het tydens ‘n nuuskonferensie gesê die 27ste dag sonder beurtkrag wys die kragkrisis word al meer onder bedwang gebring en dat dit geen verkiesingsfoefie is nie.

Hy het bygevoeg dat daar natuurlik nog terugslae sal wees. Netwerk 24 berig hy het weer beklemtoon dat daar geen waarheid daarin steek dat die nasionale netwerk kan ineenstort nie. Ramokgopa sê wanneer beurtkrag toeneem, is dit juis ‘n aanduiding van die strategie om so ‘n oordeelsdag-scenario te voorkom. Eskom sal Vrydag sy amptelike winterplan bekendstel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×