Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramakgopa, het ‘n beroep gedoen op vasberadenheid en vrymoedigheid om die energiekrisis te hanteer.
Volgens News24 sal Ramakgopa na verwagting met die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee vergader om sy plan voor te lê om beurtkrag te beëindig.
Die plan sluit in om private maatskappye toe te laat om ouer steenkoolkragstasies oor te neem.
Ramakgopa het ook gevra dat die uitskakeling van steenkoolkragstasies in die land uitgestel word. Dit sal bydra om beurtkrag te verminder alhoewel dit sal inmeng met die teikens wat die regering het om na groen krag oor te skakel.