Alhoewel die minister van finansies, Enoch Godongwana onlangs gesê het daar is nie geld vir die Nasionale Gesondheidsversekering, of NGV, nie, het die ANC se woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, gesê die ANC sal daarmee voortgaan en die party se meerderheid in die parlement gebruik om die wet deurgevoer te kry. Sy het dit gister tydens ‘n perskonferensie van die party in Johannesburg dit duidelik gestel dat daar van ANC-lede verwag word om die party se beleid te volg, aldus Netwerk 24. Bhengu-Motsiri het ‘n vraag gesystap of Godongwana van die partylyn afwyk met sy uitlatings oor die NGV. Sy het gesê pres Cyril Ramaphosa het ook onlangs ‘n sterk argument vir die NGV by die Verenigde Nasies gemaak. Sy het gesê as ‘n verantwoordbare regerende party is die ANC bewus van die uitdagings van die fiskus asook kostebesnoeing, maar dat hulle sal verseker dat staatsuitgawes waarde vir geld en produktiwiteit sal lewer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×