Minister van Gesondheid moet volle verantwoordelikheid neem vir die debakel oor die AstraZeneca entstof

Die Vryheidsfront Plus sê die Minister van Gesondheid moet volle verantwoordelikheid neem vir die debakel oor die AstraZeneca entstof.

Volgens die party se woordvoerder oor gesondheid, Philip van Staden, kon die nodige toetse oor die doeltreffendheid van ‘n entstof gedoen geword het, indien gesprekke oor die entstof betyds plaasgevind het.

Hulle is van mening dat 120 miljoen rand gemors is, omdat die entstof nie doeltreffend is vir die Suid-Afrikaanse variant van Covid-19 nie.

Die Departement van Gesondheid het intussen bekendgemaak dat 1 742 nuwe Covid-19-gevalle in die jongste verslagperiode aangemeld is, wat die totale aantal mense wat die virus opgedoen het sedert Maart verlede op 1 479 253 te staan bring.

‘n Verdere 396 Covid-19-verwante sterftes is ook bevestig, waarvan die meeste in Limpopo was met 118, gevolg met 85 in KwaZulu-Natal en 81 in Gauteng.

Die totale dodetal staan op 46 869.

Die herstelkoers is steeds 92%.

Luister na potgooie hieronder