Die Minister van Polisie, Senzo Mchunu, gaan ’n vergadering in Bloemfontein met bevelvoerders van veediefstaleenhede en ander belanghebbendes aanbied.
Volgens ‘n polisie-mediaverklaring is die doel van die gesprek Donderdag om die toenemende probleem van veediefstal te bespreek, bestaande maatreëls te herevalueer en nuwe strategieë te oorweeg.
Veediefstal het ’n groot impak op plaaslike ekonomieë, gemeenskappe en boere.
LEES MEER: Veesdiefstalsindikate kos Vrystaat R1-miljard per jaar
Belanghebbendes sal ook die doeltreffendheid van bestaande wette en wetstoepassing bespreek en moontlike gesamentlike aksies oorweeg om die probleem beter te hanteer.